Welkom by Ledbury Bos kamp
Ledbury Bos Kamp, geleë in die pragtige Magaliesberg Biosfeer Reservaat net 12.7 km vanaf die Hartbeespoortdam tonnel, is ’n rustige oord vir diegene wat wil wegkom van die stadsgeraas. Ons hoof fokus is op langstaan-kampeergeleenthede vir pensionarisse wat vir 1 tot 4 maande wil kamp teen 'n bekostigbare tarief van R2,300 per maand, met solar krag ingesluit.
Ons bied ook naweek- en vakansiekampe aan, indien daar plek beskikbaar is. Met slegs sewe afgesonderde staanplekke in die "BOS," kan ons gaste die natuur ten volle ervaar terwyl die wild vrylik rondbeweeg. Kom geniet die stilte en skoonheid van Ledbury Bos Kamp – jou tuiste in die natuur.